By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Ek was nog nooit iemand wat die dae omwens nie en hoe ouer ek word, hoe minder. Maar laat ons nou maar eerlik wees, as ‘n mens eers die volson op jou vel voel en die vakansie as't ware kan rúik, dan is dit moeilik om nie so ‘n bietjie uit te sien nie! En veral na vakansiekos, want dis wanneer ‘n mens tyd het om kuier-kuier sommer ‘n spul nuwe resepte uit te toets en dit boonop vir ure saam met jou spesiale mense te proe en te bespreek. My verjaardag was vanjaar in Istanboel, ‘n baie spesiale sameloop van omstandighede. Ek kon nie wag om die wonders van Turkse kos te beleef nie. Een reisvideo ná die ander het my mond behoorlik laat water. En vyftig persent van…
Cornel en Neill Strydom wou nog altyd eendag terugkeer na die grond toe. Albei het op plase grootgeword, en hoewel hulle loopbane hulle Jare lank elders geneem het, het daardie verbondenheid aan die grond nooit verdwyn nie. Toe hulle ‘n dekade gelede Nagtegaalsfontein naby Colesberg gekoop het, was die plan dat dit eendag hul tuiste sal wees. ‘Ons het vroeg besluit ons wil nie in ‘n stad oud word nie,’ sê Cornel. ‘Ons wou hê ons lewens moet eendag wortelskiet op ‘n stiller plek waar dinge stadiger gebeur.’ Toe hulle twee jaar gelede permanent plaas toe trek nadat hulle jongste kind klaar was met skool, het hulle in ‘n ruimte vol wonderlike moontlikhede ingestap. Die huis is in 1858 gebou en was nog nooit aan die kragnetwerk gekoppel nie. Dit…
LYNKUNSKUSSING MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: halfdag JY BENODIG ♥ naaswit stoffeermateriaal met ‘n mooi tekstuur (uitgeknipte grootte: 52 x 52 cm, voltooide kussing: 50 x 50 cm) ♥ bypassende 40 cm-ritssluiter ♥ bypassende masjiengare ♥ borduurgare in die kleur van jou keuse (ons het ougoud gebruik) ♥ borduurring en -naald ♥ binnekussing van 50 x 50 cm ♥ aftrekmetode van jou keuse (ons het ‘n ligkas en hitte-uitwisbare materiaalpen gebruik) SO MAAK JY 1 Knip twee vierkante van 52 x 52 cm uit die stoffeermateriaal (een vir die voorkant van die kussing en een vir die agterkant). 2 Trek die lyntekening hierbo met die metode van jou keuse op die voorkant af. Strek die voorkant in jou borduurring en borduur die afgetrekte lyntekening met agtersteek. 3 Sit die geborduurde voorkant en die…
Die nuwe eienaars van hierdie strandhuis teen die berg bo die kusdorpie St. James het geweet die plek kort liefdevolle aandag en iemand met visie. Maar die mooi ontwerp-elemente van die gebou en die belofte van ‘n ligte, sorgvrye leefstyl was presies waarna die blomontwerpers Dané Erwee en Chris Willemse vir so lank uitgesien het. ‘Ons het ‘n dekade lank bly soek na ‘n eiendom met ‘n onbelemmerde uitsig,’ verduidelik Dané, die een helfte van die kreatiewe span agter die Kaapse blomen geleentheidsmaatskappy Okasie. Om die kosbare uitsig ten volle te benut het hulle ‘n dek bygevoeg wat meer leefruimte en vloei aan die huis gee, maar binne was die ruimte steeds beperk. In ‘n gewaagde maar briljante skuif, vertel Dané, het hulle die binnekant herbeplan en badkamers ingepas in…
JÊMBLIKKE, VISBLIKKE In hul seekos-geïnspireerde papierjassies sal hierdie blikke dadelik ‘n spatsel somer na jou tafel bring. Kopieer en knip die omhulselontwerpe op bladsy 56 uit. Bring die punte na mekaar om ‘n silinder te vorm en gebruik ‘n sponskwas om ‘n paar lae verdunde kouelym aan die binne- en buitekant aan te wend. (Sodoende sal die omhulsel baie langer mooi bly.) Glip die omhulsel oor ‘n blik of glasfles en gebruik dit om messegoed, kruie of selfs servette in te hou. PLEKMATJIES MET STREPE EN VISSE Sulke oulike plekmatjies sal ‘n kreatiewe gesprekspunt na die tafel bring. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: halfdag JY BENODIG ♥ borduurontwerp op bladsy 57 ♥ stoffeermateriaal met tekstuur (genoeg vir ‘n reghoek van 53 x 38 cm) ♥ rugkantmateriaal (dieselfde grootte) ♥ bypassende masjiengare ♥…
Vis op materiaal gedruk deur smartart.co.za. FOTO-KUSSING Laat druk ‘n mooi foto van ‘n vis op materiaal vir dié kussing. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: ‘n dag en ‘n half vir al vier kussings JY BENODIG ♥ visprent gedruk op wit materiaal ♥ wit materiaal vir die agterkant ♥ bypassende masjiengare ♥ poliësterstopsel SO MAAK JY 1 Sit die wit materiaal op die visprent met die regte kante teen mekaar en speld dit vas. Trek ‘n 2 cm-naattoelating reg rondom by, knip dit uit en stik dit vas, maar laat ‘n opening vir die stopsel. 2 Dop jou vis na die regte kant om en stop dit op. Werk die opening netjies toe. BONT KUSSINGS Hierdie kussings in die vorm van visse sal elke jong visserman se hart steel. JY BENODIG ♥…